Vir die mense
Deur die mense
 














ToekomsVonk Kuns & Letterkunde kompetisie vir Hoërskool leerders.

ToekomsVonk beywer onsself vir onder andere die bevordering van Afrikaans. Ons is dus opgewonde om terugvoering te gee oor ons letterkunde-en kunskompetisie wat ons in September 2018 geloods het. ToekomsVonk het spesifiek Afrikaans medium HOËRSKOLE vir hierdie kompetisie geteiken en daardie leerders die geleentheid gegee om in te skryf vir hierdie kompetisie. Hierdie was fase een en ons beplan om dieselfde tipe kompetiesie in 2019 vir laerskoolkinders te hou sowel as volwassennes.

Daar was drie katogorieë waarin deelgeneem kon word. Prosa, Poësie of Kuns. Die tema’s waaroor geskryf of geteken kon word was:

·        Die Plaas, OF

·        Uurglas, OF

·        Oppad, OF

·        Die gesprek, Of

·        Skadu’s

 

Dit is ‘n voorreg vir ons om ons wenners bekend te maak! Dit was baie moeilik om wenners te kies, want die kwaliteit van die inskrywings was uitstekend! Baie dankie aan elke tiener wat ingeskryf het!

Die wenners is soos volg:

KUNS




1ste Prys: Danielle Gordon (16) Hoërskool Zwartkop [foto aangeheg] – WEN R1000

2de Prys: Kyla Haines (17) Hoërsool Oos-Moot – WEN R500

3de Prys: Quintin van Zyl (14) – Ben Vorster Hoërskool – WEN R300

PROSA

1ste Prys: JuneBè du Preez (15) Hoërskool Vredenburg – WEN R1000

POëSIE




1ste Prys: Jean Weinmann (16) Hoërskool Zwartkop [foto aangeheg] – WEN R1000

2de Prys: Nicole Basson (16) Hoërskool Eduplex – WEN R500

3de Prys: Reinet le Roux (17) Hoërskool Menlopark – WEN R300

Baie geluk aan almal! Volgende jaar maak ons weer so!