NPC 2017/408421/08
Vir die Mense - Deur die mense

ToekomsVonk Warrior Walk 2018

ToekomsVonk se Warrior Walk 2018 vind plaas van 10 - 30 Desember 2018. Ons warriors gaan oor die 700km stap vir die bewusmaking van plaasaanvalle en plaasmoorde. Daar is 3 stappers wat die hele roete sal stap en nog 1 wat gedurende die staptog by hulle sal aansluit. So 4 stappers en 3 ondersteuningspersoneel.

Die staptog begin die 10de by die Botswana genspos - Skilpadshek en eindig die 30ste by die Mosambiek grenspos - Lebombo hek. Hulle beoog om daagliks 35km te stap.

Ons sal enige donasie waardeer, en dit hoef nie noodwendig geld te wees nie.

Ons behoeftes is tans soos volg en as jy of jou besigheid ons met enige hiervan kan help sal ons dit waardeer:

·        120 Botteljies energade of powerade

·        4 Somerslaapsakke (ongeveer R300 elke)

·        2 Tweemans tente

·        5 Slaapmatrasse vir die tente

·        Enige kampgereedskap soos lampe/ flitse/ gasbottels/ ketel ens.

·        R 1 500 vir data vir lewendige uitsendings gedurende die staptog

·        Geldelike donasies vir Kos en Verblyf vir 21 dae

VERBLYF IN HIERDIE DORPE OP HIERDIE DATUMS:

Vir die 20 dae wat hulle stap is ons bereid om jou besigheid op FB te bemark, ons ToekomsVonk groep het so net oor die 14 000 lede en ons Miljoen Stemme vir Steve groep oor die 148 000 lede.

Kontak my gerus by amor@toekomsvonk.co.za as jy of jou besigheids iets wil borg.

Groete

Amor


ToekomsVonk se bekendstelling het op 17 Oktober 2018 plaasgevind.

  • DSC07456
    DSC07456
  • DSC07451
    DSC07451
  • DSC07452
    DSC07452
  • DSC07457
    DSC07457
  • DSC07458
    DSC07458
  • DSC07454
    DSC07454
  • DSC07455
    DSC07455
  • DSC07459
    DSC07459
  • DSC07463
    DSC07463
  • DSC07462
    DSC07462
  • DSC07461
    DSC07461
  • DSC07460
    DSC07460
  • DSC07464
    DSC07464
  • DSC07465
    DSC07465
  • DSC07466
    DSC07466

 

 ToekomsVonk kuier saam met die AfD van Duitsland

Op 31 Augustus 2018 het ToekomsVonk se bestuurende direkteur Helga Swart, Direkteur Amor Gerber en nie-uitvoerende direkteur Steve Hofmeyr ‘n Duitse afvaardiging van die AfD (Alternative für Deutschland) ontmoet. Ons het ‘n heerlike gesprek gehad met Petr Bystron van die Duitse party. Wêreldwyd begin mense notisie neem van die onderdrukking van die witmense in Suid-Afika.

In Duitsland, net soos hier word konserwatiewe groepe uitgemaak as die vyand. Ons maak tans vriende oral oor wat in ons saak glo en die woord word wêreldwyd versprei.

Word deel van ‘n organisasie wat vir JOU wil werk.

 













Sluit sommer vandag nog aan en word deel van 'n Burgerregte organisasie wat vir JOU wil werk.

kliek hier om aan te sluit

 

ToekomsVonk is geregistreer op 13 September 2017 na aanleiding van ‘n behoefte wat geidentifiseer is om ‘n organisasie vir die mense, deur die mense, daar te stel wat ons Volk weer selfstandig kan maak op alle lewensterreine.

ToekomsVonk se visie is om ‘n gebroke Volk te herstel na ‘n selfstandige, onafhanklike en trotse Volk. (As Volk bedoel ons ALLE mense van Europese herkoms wat afstammelinge is van die oorspronklike Europese setlaars. Om deur dieselfde prosesse sodoende ook dieselfde beter omstandighede te bewerkstellig vir ander minderheidsgroepe, of diegene van die meerderheid wat ons doelwitte steun. Ons is en bly eerstens ‘n Christen Afrikaner groep.)

 Om ons Volk selfstandig te maak op alle lewensterreine. (Om ‘n katalis vir verandering te wees in Suid-Afrika deur minderheidsgroepe ‘n platform en ‘n stem te gee. Om korporatiewe en gemeenskapsorganisasies, sowel as die regering en media, bewus te maak van die hoeveelheid steun wat daar is vir ons doelwitte.)

ToekomsVonk is geregistreer as ‘n nie-winsgewende maatskappy met registrasie nommer 2017/408421/08.

Ons direkteure is tans:

Besturende Direkteur & Selfstandigheid en Volhoubaarheid – Helga Swart

Direkteur Regshulp & Vervolging – Marius Coertze

Direkteur Besigheidsontwikkeling en Aktivisme – Wessel Basson

Direkteur Maarskaplike, Sosiale & Kultuur ontwikkeling – Englie Botha

Direkteur Onderwys, Opleiding & Media – Amor Gerber

Nie- Uitvoerende Direkteur – Steve Hofmeyr

ToekomsVonk is ‘n organisasie wat die volgende waardes nastreef:

·        Christelike waardes

·        Familie en gesins waardes

·        Integriteit

·        Volkstrots

·        Morele standaarde

·        Respek





 

 


 VIDEO's