NPC 2017/408421/08
Vir die Mense - Deur die mense

ToekomsVonk Warrior Walk 2018

Die Warrior Walk het plaasgevind van 10 tot 30 Desember 2018.

Lees gerus Tiekie Papenfus se daaglikse dagboekinskrywings hier.

 

Dag 1

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 het afgeskop!

06h50 vanaf Skilpadsnek Grenspos Botswana 🇧🇼
29 grade vandag

Hendré en Henning is vol moed vir die stap na Komatipoort oor 21 dae.
Hierdie is n Geloof-stap en ons maak julle graag deel daarvan!

Wys jou steun aan die projek deur n skenking te maak aan Toekomsvonk.
SMS "Veilig" na 49983 (koste R. 1.50)

Vonk jou Toekoms!





Dag 2
Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Vandag stap ons 35 km... weer!
Ons begin 15km voor Zeerust en eindig 20 km ander kant Zeerust oppad na Swartruggens en  gaan tuis aan Evergreen River Guest Farm, Groot Marico by Lynnie Kriel.

Ons sien uit!

Die nood is groot in Suid Afrika tussen ons mense...die hande is min.

Wys asseblief jou steun aan Toekomsvonk deur n SMS te stuur met VONK in die boodskap ba 49983

Want... Saam Is Ons Sterker!

Dag 3

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Vandag was interessant.
Ons staan juis 4 uur op (na die manne se 12 uur lange nagrus) 😱 om die woedende son te ontsnap. Weet nie hoekom is hy so kwaad nie...😂 En dis droog!

Die opdraendes het geknou aan die reeds beseerde en teer hamstrings... Dis maar begin pyne van n strawwe program... Die manne is vol moed dat volgende week baie beter sal afloop!

Ek moet bieg... Tussen deur maak ons baie grappies wat ons laat lag... Ons Suid Afrikaners braai mos as dit moeilik gaan, dis ons manier om moeilike tye te verwerk. Maar dis nie vir ons beskore nie, nie nou nie.

Ons soek maar n koelte boom (wat min is op die pad) en maak die klap van die bakkie oop en sit en teug aan die genade water...en die Energades.

Ons moes vandag n blits besoek doen aan Medicross Rustenburg vir die manne. Elkeen het n shot in die boud gekry (sien foto). Dr Jessen was ons baie goedgesind, baie dankie dokter. TLC is wat ons nodig gehad het en hy was ons goedgesind met 1 konsultasie vir 2 pasiënte! 🤣 Ek dink hy het geweet hier kom n ding toe daar nie 1 pasiënt die kamer ingestap kom nie... Maar 4! n Hele kavalrie! En 2 was swaar gewapen!

Baie dankie vir al die boodskappe!
Dit is petrol in ons tank. Saam saam sal ons die boosheid van die wêreld oorwin.  Waar daar Lig is kan daar nie donker wees nie... Kom ons werk saam aan n hoopvolle toekoms!

Wys asb jou ondersteuning aan Toekomsvonk en hierdie projek en maak asb n donasie of

stuur n SMS met die woorde "VEILIG" na 49983

Vonk jou Toekoms!



Dag 4
Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Ons was vanoggend nog vroeër op om die son se oordeel te sidestep. Dis wild warm en droog. Ons moet bid vir reën.

Vandag het sommer heelwat beter gegaan. Ons is vroeg - vroeg deur Swartruggens voor die erge "spitsverkeer" 😂

Ons het so paar toeters langs die pad gekry met arms wat wild waai... En selfs dit is lekker.

Ek dink ons is oor die ergste. Van dié punt vorentoe kan dit net beter gaan. Vandag was ons versigtiger met die son. Ons gesiggies het gelyk soos kleintyd toe ons Ma's ons beetgekry het met sunblock vóór ons in die see gaan swem.

Dis verseker harder as wat dit lyk. Ek het n paar kilometer saamgestap vandag. Jou voete brand soos n kool vuur. Terwyl ons gestap het was dit 33 grade op die warmste... Maar dis nie waar die middagson ophou vandag nie... Hy het nog baie kwaad om uit te woed (sien foto).

Waar ons môre begin is so 38 km vanaf Rustenburg. Dit lyk na minder opdraendes en ons is dankbaar.

Ons is besig om hierdie "olifant" op te eet... So stukkie vir stukkie.

Ek moet sê ek was vanoggend gebless met die mooiste sonsopkoms. Ek dink ons slaap verby die mooiste gedeelte van die dag. Staan vroeg op en drink daai koffie eerder buite en aanskou die Skepper se werke...dis n mooi begin aan elke dag. Ek het reeds te veel gemis....en jy kan nie opvang nie. Dis verby.

Ons is hoopvol.

Wys jou steun aan Toekomsvonk, die organisasie vir die mense deur die mense deur n donasie te maak die Kerstyd.

Ons dink spesifiek aan die families hierdie jaar wat hul eerste Kersfees gaan beleef sonder geliefdes wat deur wrede aanvalle weggeneem is.

SMS "Veilig" na 49983 (sms R1, 50)

 

Dag 5

Kyk. As die wekker 3h30 afgaan spring ons uit ons beddens...asof iets jou byt!

Gisteraand het ons loadshedding gehad toe ons terugkom van die dorp af. Ek dog nog toe ek so deur die vreemde tuin beweeg dat dit my ongemaklik laat voel en die volgende oomblik gesels die oom deur die tralie hek om n LED lig aan te bied. Op daai oomblik voel dit of my gees my liggaam verlaat en ek gee so ligte gilletjie... Pateties dink ek na die tyd. 😂

Muskiete was ons grootste vyand. En die krag was af... Dus kon die waaier nie hulle landing stuit nie.  Die badkamer was hulle ambush zone. Daar sit jy stil... En gewoonlik is jy lekker naak... Baie byt plek. 🤣(Hendré se woorde)

Ons verstaan nie altyd die plan agter die plan nie.
Dis ook nie ons saak nie.
Dis God se saak.
Hy het net gesê : "stap in n oostelike rigting".
En dit doen ons uit gehoorsaamheid en getrou elke dag.

Vandag stap ons in Rustenburg in. As jy kans sien en is dalk naby...
Kom sluit by ons aan! Kom sê Hallo!

Dis wat dit lekker maak. Die saamstaan... Daar is krag in Eenheid. Dis waar kragtige dinge gebeur!

Kom ons staan bankvas agter Toekomsvonk. Groot planne vir 2019! Wees deel want...
Saam Is Ons Sterker

Wys jou steun aan Toekomsvonk deur n SMS te stuur met "Veilig" in die boodskap en stuur na 49983


Dag 6
Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Gister, terwyl die manne gerus het, het ek die Support voertuig gewas... Bietjie geswem om af te koel. Ek het altyd gesê ek is n somer meisie... Maar ek begin nou sterk twyfel! Die son is bitter kwaad. 😂

Ons het ietsie gaan kry om te eet en daar het die grappies begin rol... Onder ander die woord "lackadaisical" wat Ramaphosa gebruik het... Sien berig en video van Hendré waar hy skerts daaroor. Ons het gelê soos ons soos lag!

Vanoggend het ons so 4h45 begin stap... Bietjie vertraging ondervind met elektriese hekke en sleutels.. Maar ten minste het die aarde afgekoel na die reën en hopenlik nie te warm vandag nie.

Daar is nog pyne...maar ons leef maar saam met dit. Ek vryf gereeld koue perdesalf aan kuite, ruggies en sommer orals waar n skeut is... Ek hoor net Hendré sê : eina liefie, jy maak my seer!
Dan sê ek: Ek vryf net die liefde in...
Dan antwoord hy: jou liefde maak my seer! 🤣😂🤣
En dan lag ons weer.

Vandag stap ons deur Rustenburg oppad na Mooinooi. Wat n oulike naam...? Mooinooi, so n Boere troetel naampie.

Vandag sluit Japie de Villiers by ons aan.. Die saak het hom geroep... Hy het ander verpligtinge gehad en sou nie die tog meemaak nie, maar het helaas besluit die Warrior Walk roep hom.

Ons verwag ook vir Englie Botha, verantwoordelik vir NoodVonk en VONKmuseum. Hierdie dame het ek groot respek voor. Sy werk met ons plakkerskamp mense... Ons moet meer doen... Ons wat het, het n verantwoordelikheid.

Ons gesels later weer...

Indien jy nog nie reeds het nie, maar nog altyd wou... Stuur jou sms ter ondersteuning van Toekomsvonk en sit jou kragte agter hul Toekomsplanne.

SMS 'veilig' na 49983 (sms R1, 50)


Dag 7

(Done... But not dusted!)

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

16 Desember 2018
Voortrekkermonument toe vir die Gelofte diens.
Amper soos 'n verlore skaap... Weer gevind.
Dit was ons 1ste in jaaaaaare.
Ons sou die dag vier met' 'n stil gebed, want ons Roepgebed van 16 Desember 1838 is beantwoord.

474 man teen 10 000...Against all odds?
Antwoord op 'n Roepgebed!

Ek verstaan vandag die menslike gevoel van om beloftes te hê wat gemaak is en nie nagekom is nie...dis nie lekker nie, en in my oë verkeerd.
Hoeveel te meer nie die belofte van 16 Desember 1838 nie. En wat sê die Bybel?
Prediker 5:1 lees oor beloftes maak aan God.

So warm gevoel kom oor jou as ons mense bymekaar kom om die Gelofte te eerbiedig.  Daar's baie wat dit ook as belangrik ag... Maar steeds nie almal nie.

Dis eers met die sing van "Hoor jy die magtige dreuning" dat ek besef... Ons is hier...

So, ons het nie gestap vandag nie. "The best laid plans" geval agv Geloftedag diens.  Ons kan vanaand bietjie by ons gesin wees en spiere en voete n kans gee om te herstel.

Die support voertuig is gewas... Die Warrior hemde ook... Ons is gereed vir môre 04h30.

Ondersteun Toekomsvonk deur n sms te stuur met die woord "Veilig" in die boodskap en stuur na 49983.

Kyk uit vir ons op die N1/N4 Witbank.
Ons stap juis daar om geleentheid te gee aan die wat wil om by ons aan te sluit.




Dag 8

Dinge het heel goed verloop vandag.
Stewige pas gehandhaaf en dit was opdraende, vra vir ons vriende wat saamgeloop het, hulle sal bevestig!

'n Geruime tyd merk ek dat Henning Bees Buitendag bietjie "mank" loop. Eers, nadat hy een oggend sy hemp uitgetrek het, het ek gesien sy een heup sit hoër as die ander heup. Kort daarna sien ek ook hoe gryp hy na sy rug, presies dieselfde kant as die heup...toe weet ek, mediese hulp gaan nodig wees... Sometime.... Somewhere...

Ek skiet 'n genade gebed op vir hulp vir ons. Die tyd van die jaar is nag om dokters wat spesialiseer in ruê in die hande te kry... Plus... Dis nie deel van die "plan" nie.
Nie net 1 nie, 2 van hulle kort hulp!
Hendré sukkel met n ou scrum besering van Hoërskool af en toe nog army ook... Kop eerste in n ratel se luik afgeval.
Mmmmm.
Doodskoot.

Dis n hele klomp mane terug... 😂

Maar helaas is die dag voltooi en maklik ook...die hitte is maar n challenge elke dag.
Lekker Toeters ook gekry langs die pad!

Dierbare Cherie stop ook vandag om saam te kom stap en ek mention vir haar... En vra oor haar chiropractor.... Wat wondere verrig het vir haar met n teisterende kopseer! Wonderbaarlik eintlik!

Sy maak n oproep.
Die antwoord is positively absolutely amazing.

Shout out vir Megan van der Merwe van Centurion Chiropractic Centre!

Jy was 'n Engel op ons pad het vandag en het  aan ons groot guns bewys. Dis' n vakansie dag...
Sy het spesiaal ons Warriors se wheel alignment kom doen!🤣😂🤣
Lanklaas iemand teëgekom met soveel passie vir haar werk. Dis mooi en inspirerend.

Nou gaan die manne nie meer skeefloop nie...

Dis duidelik sigbaar dat daar nog mooi gebeur tussen ons mense. Wanneer jy daai mooi gebaar kry is dit met soveel dankbaarheid.
Jou nood verander na voorsiening.
En ek sien dit so. Dankie Heer.

Ondersteun vandag nog Toekomsvonk deur 'n SMS met "Veilig" te stuur na 49983


Dag 9

Done and dusted

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Vandag sê Hendré vir sy pa, toe hulle op die foon praat, dat die Warrior Walk hom n paar lesse leer.
Onder andere... Dat die eindbestemming jou dryf is, maar dat daar tussen in sommer baie opdraendes en afdraendes sal wees.

n Mens sal dink dat die Warriors afdraendes verkies...Dit mag dalk voel soos in Monopoly waar jy R200 kry elke keer as jy by begin verby skuif.
Nee nee...
Daai is gif vir jou knieë... Veral na n paar kilometers afgelê is. Dis dan wat jy moet mooi trap of jou einste knieë gee mee!

Volharding is n baie goeie kwaliteit. Dis nie iets wat mens net kry nie. Ek dink dit kort baie in-oefening en spesifieke inskerping van dié kwaliteit gebeur met "challenges". Dis daar waar "champions" gebou word.

Soos Volharding in Geloof... Dis tough.
Veral as die "opdraendes en afdraendes" vir jou loer.

Resep?
Strength in numbers! Ons hou mekaar sterk. Daar waar iemand n tekort het, vul die res aan.

Dis wat Toekomsvonk ook doen. Ons kry mense bymekaar om die eindbestemming in die oog te hou en dan kort dit net die "Strength in Numbers" gedeelte.

Ons het Expats oral oor die wêreld. Ek daag jou uit om hierdie boodskap te share na jou wall en dan al jou familie te tag wat jy weet nog n hartklop het vir die Suid Afrikaners. Ons het 900 000 van ons mense oor die water.

Ons moet mekaar bystaan.

Wys julle steun aan Toekomsvonk en stuur
n SMS "Veilig" na 49983




Dag 10

Done and dusted
Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Man, was hierdie nou n lekker dag!

Ou vriende wat kom saamstap het was n groot hoogtepunt...

Die pad was maar vol opdraendes en afdraendes... Mens kyk somtyds so doerrrrrr ver hou die bult op. Dan is dit net kop af en vorentoe en as jy sien is die bult agter jou.

Accomplishment is daai lekker gevoel wat jy kry as n taak afgehandel is. Daai stuk waar jy jouself op die skouer wil klop vir n taak wat wat goed afgehandel is.

Baie toeters vandag op die pad gehad... Lyk my die meeste volgelinge van Toekomsvonk bly hier langs die N4 tussen Pretoria en Witbank!

Ons is mens-mense... Hou daarvan om te gesels en te connect met mense. Mens hior stories wat jou andersins verby sou gaan.  Daar is n rykdom aan hierdie stories, die humor is somtyds lam-lêend snaaks. Mens kry weer lief.... Sommer vir vreemdes.
Jou naastes.

In die stad is dit anders... Gejaagd.

Maar hier in die platteland, veral in die support voertuig teen 5km/h en met Steve se Country Collection op die radio, is dit net ek en my gedagtes.

Somtyds raak my agterstewe lam dan ruil ons gou sodat ek net kan bene rek en loop dan so 2km.
Vandag het ek saam met Japie de Villiers gestap.
Hulle spot al met my wat so baie praat... Ek dink hulle is al bang om saam met my te stap of te ry.  Awkward silences hou ek niks van nie.

En dan boelie ek vir Jaap vir n selfie... Iets wat hy nooit doen nie.
Maar ek glo ek moet die moment capture!😂
Hy is nogal skerp met sy droë sin vir humor...en as dit jou onkant betrap sal jy dubbel vou van die lag.

Aangekom by Lils Place Guesthouse word ons baie hartlik ontvang. Oom Henning kan mens ook oosom as mens-mens... Hou van gesels en grappies maak... Calls a spade a bloody shovel. 😂

Huge Shout out ook aan hulle wat ons hier huisves!
Mag julle mildelik oes wat julle in ons en Toekomsvonk se lewens saai.
Baie dankie.

So ondersteun ons mekaar se sake...en dis pragtig om te sien en te ervaar.

Kom ons doen dieselfde en ondersteun Toekomsvonk met hul projekte want dis eintlik vir ons mense.

SMS "Veilig" na 49983



Dag 11

Weereens... Duisend dankies aan Oom Henning en Lillian Potgieter van Lil's Place Guesthouse van Bronkhorstspruit. Hulle het ons op die hande gedra, lekker bederf, soos in jou familie se huis oor Kerstyd.  Hul pragtige dogter Anzia in graad 11 en is bitter handig in die Gastehuis. Ma se regterhand.
Soos min kinders vandag.
Botter maak... Kinderspeletjies! Sy maak dit en verkoop vir ekstra geld. Well done.
Ons sien julle weer. Ek wil Ansia se perd sien. Hendré sal seker keer... Want ek vat sommer perdjies huistoe😂

Oom Henning het vir ons gebraai onder die druiwe prieël na n bitter warm dag.  Oom Henning kom van Aus, in Suidwes. Hy sê hy was 7 jaar oud toe hy die eerste keer reën sien val het uit die Hemel.  Joh.
Ek dink eers hy maak n grap.
Toe nie.
Ek raak depressief net om daaraan te dink...
Dis mos genade water...
Geen genade vir 7 jaar...
Sy ma is net n kolletjie gras toegelaat. En verstaanbaar so!

So vanoggend vat ons die pad na Witbank!
Ronnie Pieterse het vir ons reëlings rondom akkommodasie getref en laansies gebreek vir ons.  Ons het n geselligheid daar vanaand. Ons sien baie uit.

 



Dag 12

Done and dusted

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Na n heerlike donderbui gisteraand het die son sy woede laat vaar... Sekerlik omdat ons heeldag onder n heerlike wolksambreel geloop het. Dis absoluut genade.

Vandag het Toekomsvonk by ons aangesluit... Altyd lekker om hulle te sien... "A breath of fresh air" is hoe ek hulle beskryf...
Petrol in ons tank... Letterlik.

Die pad was aansienlik besiger vandag en ons dodge die speedcops soos Cash in Transit boewe! Wil nie eers oogkontak maak nie. Maar wanneer hulle stop en vra wat ons doen verduidelik ons maar ons stap Mosambiek toe. Mens kan die puzzle op hulle gesigte sien vorm.😂🤣😂

Ons bene het gewerk vandag...360m geklim en 380m gedaal. Soos n Rollercoaster!

Vanaand slaap ons oor by Fanie en Franchael Smit in Middelburg. Heerlike bederf... Goeie geselskap. Lekker hier in Middelburg. Baie dankie vir julle gasvryheid. Awesome mense en nog nuwe vriende! 🤗

Baie vra... Nou hoekom juis stap? Wel, hardloop sal baie tuff wees, eerstens. 😂

En tweedens... Dis n gehoorsaamheid - stap... n Stap in Geloof.

Ek deel graag in die video die ontstaan van die Warrior Walk...

Môre stap ons na Alzu en Belfast en slaap daar vir 2 aande.

Ons sien baie uit.

As julle verby ons ry... Lê op daai toeter van verrrrrr af... Sal love om n video te neem...Dis nou as ek vinnig genoeg kan wees!

Indien jy nog nie het nie, bied jou steun aan Toekomsvonk. Groot planne vir 2019. Maak jouself deel daaraan deur n SMS te stuur.

SMS "Veilig" na 49983 👟👟

Sien julle môre oggend!


 

Dag 13

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Kan jy glo? Dag 13...👟👟

Ek wil net sê... Ons het AMAZING mense in Suid Afrika! So baie goed tussen al die sleg... Dit is daar. Ons moet net mooi kyk.

Fanie en Franchael Smit is Diamante. Ons het lekker gekuier... Lekker gebly... En is vet gevoer! Franchael het gesorg dat my Marsmellows voorraad vir ontbyt nie opraak nie... n Lekker groot pak is ingepak! Hierdie kieste gaan sulke bondels wees, soos n hamster!🐁
Baie dankie vir julle gasvryheid en die lekker lag. Julle is in ons Harte... Forever. Mag julle besondere seën ervaar in die Kersseisoen, omring deur julle Hartkloppe... Want dis eintlik al wat tel. Baie, baie dankie. Sou wou langer kuier... ❤️

Nou ja toe... Vandag vat ons die pad na Alzu en Belfast omgewing. Vandag loop ons ons n kombers van wolke... Lekker.

Ek haal my hoed af vir Ilana. Sy is n champion. Sy het mooi bygehou gister, alhoewel sy n vuurdoop beleef het op haar eerste dag met berge en dale van tot 360 m hoog en dan weer 380m afdraendes. Snaaks hoe gewone stap n ou vergete knie besering, van Netbal dae, na vore kan bring! Maar ons het alle preparate by ons...n Apteek op wiele 🤣
Vanoggend het ons daai knie warm gevryf en een van Hendré se vele knee guards aangesit...
Ons skerts eers dat die knee guard heel moontlik soos n sweetpak broek gaan sit op daai maer knie'tjie van haar waarop Hendré toe antwoord dat hy hom net kon dra totdat die bloedsomloop afgesny was! 🤣😂🤣

Ons het darem geen verdere skete nie en pak die pad met geesdrif aan.

Ons stap die pad vreesloos. As jy gehoorsaam is aan n opdrag beweeg jy in beskerming. Ons het gebid... Almal se olie is gecheck. Ready to go.

Ondersteun Toekomsvonk hierdie seisoen sodat hulle ook ge-olie kan wees om die groot projekte vir 2019 kan tackle.

SMS "Veilig" na 49983 🌸

Want Saam is ons Sterker!

Dag 13 Done and dusted

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Nou ja toe... So is vandag suksesvol afgehandel!
Dit was bitter koud... Ek kon dit self nie glo nie! Ek het letterlik met n handdoek om my bene gesit... Want nie een sweetpak broek het die tas gehaal nie... Dis mos somer! 😱

Die ouens het gestap en gelyk soos gorilla's in the mist!
Baie meer karre op die pad gewees! Ons bereik ons bestemming eers volgende week Sondag... Soos skilpadjies.

Ons raak maar moeg om almal se ruê te sien vir 7 ure lank teen 5km/h dan begin ons karaoke in die bakkie... Ons eie Carpool Caraoke. Hoop julle geniet dit so baie soos ons... 🙋🏼‍♀️

Ons bly vanaand oor in Rapids Country Estate. Oom Johan het my en Ilana gevat vir n game drive terwyl die mans n vleisie gaan kry het... Vanaand braai ons vir die 1ste keer self. Die omgewing gee mens kalmte en kan somtyds nie glo dat daar soveel hartseer hier op die platteland gebeur met mens en dier nie.  Diere is nie al wat op hul food chain is nie.
#EnoughIsEnough

Ons stap hierdie tog om die kruis oor Suid Afrika te voltooi. Ons het n wonderwerk nodig.

Intussen moet ons mekaar ondersteun en dis wat Toekomsvonk doen. Die organisasie deur die mense vir die mense. Kom ons staan bankvas agter hulle om sodoende n vonk in ons toekoms te sit!

SMS "Veilig" na 49983

Sien julle môre... Bright and early!


 



Dag 14

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Vanoggend het redelik interessant begin...
Na n heerlike donderstorm gisteraand was die krag af toe die wekker afgaan vanoggend.
Pikgiet donker.
Blind teen 03h30.

Geen koffie vir my, Ilana en Bees nie... En dis nie al nie... Ek het met nat hare gaan slaap. Wou nie die haardroeër gebruik nie, dit maak die kamer warm en daar is geen waaier nie. Toe stel ek die takie uit na vanoggend...
Nou ja toe. Daar het ek dit nou... Mop kop vir die res van die dag... En ek hou nie van hoed dra nie. Soos in glad nie.

Donker stoep... Donker omgewing... Nerve wrecking! Ek onthou gisteraand... Die vlermuis voor ons deur op die stoep wat te lekker snack aan al die goggas wat teen die venster vas gevlieg het soos Kamakaze pilots en dan vlermuiskos geword het... Grillerig! Veral as die mannetjie begin leopard crawl om by die volgende disnis gogga uit te kom.

Ek besef... Ons is gemaklik... Lopende water... Elektrisiteit... Flat Iron vir die krulkoppie.
Is ek reg vir die dag?
Net so voordat ons vertrek besef ek nee ek is nie... As daar n kans is moet ek hom vat... Soos n onderskep drie!

Ek hol gou in die huis en gryp my tools vir die hare... Want as daar n kans is om n "bad hairday" te verhoed (seker net girls wat DIT sal verstaan) moet ons alles gee.

Die dag is gered.  n Garage was op ons roete en die ENIGSTE kragpunt net in die  Mugg & Bean...dit was n vreemde eerste vir my.
Net n fillistyn met n panga sou my stop. 😂🤣

Ok. Genoeg van dit.
Ons stap.  Nogsteeds.

Ilana is vandag die bestuurder. Haar vorige sportbeserings het haar getrip. Sy is egter n champion en het mooi bygehou... Maar n knie is n doodskoot! Sy sê egter sy het baie respek vir hierdie manne gekry... Dit lyk maklik, maar daar is baie uitdagings. As dit so maklik was het almal dit gedoen. ❤️

Ek het maar min foto's vandag... Want dis wat gebeur met n "bad hairday".

Môre doen ek beter.

Ek sluit graag af met die volgende :

“The only thing necessary for the triumph of evil is for good men to do nothing.”
Edmund Burke

Kom ons laat nie toe dat die euwel in ons lewe triomfeer nie.
Ons sit ook nie handjies gevou en kyk net na ons eie belange nie. Daar is nie Venter waentjies in die Hemel nie.

Help ons om ander by te staan deur Toekomsvonk te ondersteun met jou donasie. Dis dalk min... Maar dit maak n enorme verskil in ander, wat niks het, se lewens.

SMS "Veilig" na 49983


 


Dag 15

Done and dusted

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Vandag was gekenmerk aan n verskriklike koue en mistige oggend en toe weer sielsdodende hitte daar verby Machadodorp na Schoemanskloof.

Vandag het ons afskeid geneem van Ilana, wat terug is Pretoria toe. Ons het ingeboek by die pragtige Indabushe Eco Lodge, Schoemanskloof.
Dis lowergroen hier.
Green is good.
Alles wat gras eet se stertjies swaai te lekker heen en weer.

Middag swem gevat om die ergste hitte af te skud en is toe bederf met Zebras reg langs die draad.

Middag stap so entjie teen die berg op... Nie te ver nie... Want ons stap al van Botswana 🇧🇼 af... 😂

Kan jy dit glo? Dis wyd van hier af. Nou raak die slapies al hoe minder...

Manne het vuur gemaak vir braai en ek het gou gaan hare was... Ons ken mos nou al goed.

Kan ek net sê... Ek leer uit my foute.
Hier waar ek in die tent lê is ek trots.  Daar is die party toe verby. Dis nou tjoepstil.

Alles is gedoen. Nie weer n bad hairday vir my nie! Ek spaar julle dit! 😂🤣😂

Nou luister ek na donderweer en druppels op my tent se dak... Paddatjies in die verte...solank die donderweer ons net nie klits vanaand nie... Dis net n tent... Nie n fort nie!

Sjoe. Môre is Kersfees. Dis nou n anderse Kersfees die...maar ook so spesiaal. Ons stap Kersfees deur teen 5km/h...

Ek kies die Kersfees bo al die ander. Al wat kort is my kids...my Hartkloppe. Dis al wat ek nodig het. Plain Jane.
Geld en goed het nie Hartkloppe nie.  Dit het die jaar vir my n openbaring geword.

Doen iets spesiaal die Kersfees. Iets anders as al die ander jare.
n Belegging in iemand. Kos. Klere.
Skuif n rots uit iemand se pad uit.
Iets met ewigheidswaarde.

Verlede Kersfees het ek verseg om Kersgeskenke te koop. Ons het die Belegging-ding eerder gedoen.
Ek het nie meer daai leë gevoel gehad, wat Kersfees soms gee nie.

Kersfees... waar jy leeg voel sodra jy iets gekry het... Maar toe jy weggegee het, het jy eintlik iets gekry.  Weird... Ek weet.

It's Better to give than to receive.  Hendré se neef sê altyd :
"Blessed... To be a blessing" en ek sien dit in sy lewe. Dis sy kenmerk.

Ons wens elkeen n vreugdevolle Kersfees tyd, n Christus fees. Want... That's the reason for the season...laat ons dit nooit vergeet nie.

Wees Veilig daar buite!

SMS "VEILIG" NA 49983



Dag 16 (Kersfees)

Done and dusted

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

559 km afgelê. Te voet.
Dis Kersfees.
En ons vier die dag besonders anders.

Ons sukkel met sein... Al van die donderstorm af.  So kontak was maar min vandag. En die krag was steeds af toe ons hier kom en het eers later die middag aangekom. Ons was bly, veral toe die selfoontorings ook weer werk. Ons moet kontak met familie hê, want ons mis hulle.

Maar die mooi natuur sluk jou in.  Ruk jou tot stilstand.
Ons het n beautiful land. Wes na Oos... Ons sal weet.
Ons het dit gestap teen 5km/h.
Stadig.
Geruik, gehoor, gesien... ervaar.  Ons moet dit waardeer.

Daar is baie dankbaarheid, veral van my kant af... Ek is die groentjie hier. Hierdie manne is al gesoute Warriors, het al die distansie van Beitbrug na Kaapstad afgelê.

Ons skerts vandag oor Dag 1 tot 3, basies oor die hele 1ste week...
Na dag 1 het ek vir myself gesê :
What have you done? 😯

Maar kyk waar is ons vandag... Dis al Kersfees!

Ons het n heerlike Kersbraai gehad vanaand. So met n padda gesang in die agtergrond. Hulle is jolig... Soos die paddas se Kersbasaar! Ek sluit die video in.

Ons het maar vinnig gesluk... Hier kom weer n storm.

Môre staan ons 03h15 op. No jokes.

En ons stap van Alzu af na Nelspruit. Kom saam as jy hier rond is.

Geseënde Kersfees.
Vrede aan almal.
Lekker slaap

 

Dag 17

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Heerlike koel nag gehad in ons tented camp. Min goggas (my Achilles heel), en dan wil jy nie eens praat oor die Mosambiek spoeg kobra nie, wat so by the way, 2 aande terug in die Kamp by die toilette sy Moses teëgekom het.

Soos gisteraand, by ons Kers ete, was daar maar min lig... Die tafeltjie is uitgedra dat ons lekker buite kon sit en eet. Die gedagte aan die  adder, waarvoor ek so bang is, hol vinnig deur my gedagtes en toe skuur daai kat van nêrens af, teen my been... Ek dog my Gees verlaat my liggaam. 😁
Nog nooit so bly om te sien dat dit eintlik Kater was.

Vanoggend 03h15 opgestaan, want gister was net te warm. Dis n hitte wat so aan jou hang...soos n dronkie op n braai.  Waar jy gaan, daar is hy en jy kry hom nie afgeskud nie en as jy staan is sy arm om jou nek.

Ons stap vanoggend 04h00 vanaf die Viva garage.

Iets wat baie opvallend is langs die pad...letterlik orals, is die hoeveelheid leë drankbottels. En ek dink by myself, is dit ook ons skuld? Dronkbestuur is n ongeluk wat soek om te gebeur. Nê Andile van BLF. 🤔

21 dae... Is genoeg om n gewoonte te raak...so sê die geleerdes. Hierdie was een Gelooflike ervaring. Vrug van die Gees oral sigbaar.   Soveel goed in hierdie Sodom en Gomorra, wat ons Syid Afrika noem.   Boosheid om elke hoek en draai wat planne beraam om ons uit te dryf... Mag ons die boosheid se planne stuit. En as oorwinnaars uit die stryd tree.

Ons mag hoop hê...hoop in n hoopvolle toekoms. Laat ons die duisternis versmoor deur ons Lig wat skyn. Ons laat ons Lig skyn deur ons gewig in te gooi agter n goeie saak... Soos Toekomsvonk...een van my hartskamers.

Nadat ons vir Ronnie en Linda gegroet het, het die manne voort gestoei met die laaste kilometers... Dis maar rof so op die N4... Die skouer is somtyds skraps en dan stap die manne soos eendjies in n ry... Die bakkie die buffer tussen hulle en groot interlink trokke... Dit bly maar vreesaanjaend. Ek hou maar my tru spieėl mooi dop.

Oom Abraham en tannie Christel Marais (waar ons môre aand oorslaap) het ons weer langs die pad vasgetrek...
Ek sien n groot bederf is op die horison... Ons sien baie uit om saam met hulle tyd te spandeer!

Ek kry n pragtige boodskap van Henning en Lillian Potgieter van Bronkhorstspruit en my hart klop net liefde vir die 2.

Dan boek ons in by Martin's Haven en die pragtige Helen-Marie ontvang ons so warm.
Ek, Hendré en Bees het "bietjie" gaan lê want die dag was warm en vroeg opstaan knyp nou erg...

Jaap het besluit om bietjie te gaan stap... Weer...
So asof hy dit nie al doen die afgelope 2 weke nie? 😂
Lang storie kort... Toe hy terugkom het hy en n volstruis slaags geraak. Volstruis 1 en Jaap 0 was die finale telling!

In kort, Jaap het, oppad terug, net n blaas geluid agter hom gehoor en toe hy agter hom kyk was n volstruis nek en kop al wat in sy sig was.... Sy "flight" reaksie het outomaties ingeskop en sy "motion sensors" buite werking. Hy hol to bo-oor n muurtjie wat hom trip en hy mis die lig paal met sy kop, net-net...n agste van n polony slice!

Kyk... Ek sou goeie geld betaal het om dit te aanskou...
Laat middag het hy ons gaan wys waar hy sy ego laat val het! Ons het gelê soos ons lag en hy "giggle" te lekker saam...goeie ou.

Hy sê toe hy opstaan het hy onmiddellik gekyk wie hom gesien het...😂🤣😂
Dis gewoonlik n teken dat dit eerder n goeie neer plert was... in plaas van val. Gelukkig darem niks erenstig nie... En hy kon die lig weer reg buig wat skoon afgekyk het... Seker van skaamte😂

Lekker gebraai saam met Helen - Marie se familie... Liefde loop los rond hier.En ek love dit. Oud en jonk kuier saam...

Ek groet vir eers. Môre is n groot dag... Ek beplan om self n skof te stap...in die hitte.

I'll tell you all about it.

Intussen... Ons het jou ondersteuning nodig met hierdie projek... Net n sms om te sê : Count me in!

n Organisasie vir die mense deur die mense.
Jy kan deel raak van die Toekomsvonk familie deur n SMS te stuur.

SMS "Veilig" na 49983

Woensdae stap ons in wit... Want wit lewens maak ook saak!



Dag 18

My dag

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Nou ja toe... Die 3h15 wekker het aangekondig dat vandag die dag is. My dag. Ek wou graag voel hoe dit voel. En ek het.

Ons is oppad na ons Pin Drop van gister.... Ek en Bees begin met n koffie. Dis tradisie, as ons kan. Beautiful omgewing met die bakkie se ligte agter ons... Ons bene maak sulke patrone in die lig wat geensins sin maak nie.

Ons het 4h00 begin stap... Lekker koel, bietjie bewolkerig. Belowend.

En as dit lig raak neem ons foto's... Want dis net te mooi. Hierdie foto wat ons neem vervat soveel meer... Jy ruik skoon lug. Dis vars met al die oggend geluide... Dan neem jy die foto en dis niks soos wat ons ervaar nie.

Die pad is mooi... Steeds besig en trokke is baie intimiderend.

Op 10 km vat ons n shake break... Ek wys eers van die hand, maar gee toe in... Dit was nodig, het ek eers besef toe ek begin beter voel het. Stewige pas en met my kort bene voel dit of ek moet dubbel treë gee om by te hou. Daai pas wat jy handhaaf is gelykstaande aan n lang grocery lys met min tyd en dan is daar opdraendes... Die soort wat lank aanhou.

Jou boude pyn... Agter jou knieë van al die dryf teen die opdraendes brand dit en natuurlik jou voete. Kyk... Dis nie n grap nie.
Ons skerts so tussen deur... Toe die manne begin oefen het om stap fiks te raak en hulle by 15km kom, het Hendré gesê :

"Man, as jy 15km kan stap, kan jy 35 ook stap"
Ons het intussen hierdie as n mite geklassifiseer.😂😂
Absolute snert.

Maar die gesels langs die pad, die mooi omgewing en die pad is alles die moeite werd. Ek is mal verlief op hierdie hele N4 roete. Elke gedeelte het sy eie bekoring.

Ek het my 32km klaargemaak.
Ek kan daai rang dra.

Met trots ook, want verlede jaar het ek net 13 km gestap (toe Hendré nog geoefen het) toe ek is vodde en het snaaks geloop vir n geruime tyd, alhoewel ek dit nie sou erken het nie... Ek het net mank geloop agter toe deure.

So môre se skof (vir die manne) is 49 km... Ons stap môre fisies in Malelane in...

Ek kan nie wag nie... Want ek stap nie! 😂

Dis n challenge tussen die manne... Al 3...

Dis ons Geloofstap...dis ons voet in die water. Dankie dat julle dit saam met ons stap. ❤️

Ons lê nou lekker uitgespan, voor waaiers by Abraham en Christa Marais...behalwe Japie... Want hier is n dam... En nou word daar eers Bass gevang!

Vanaand gaan ons lekker kuier..

Intussen kan julle asb hierdie projek steun... Ons hartklop.

Ons slaap vanaand by Abraham en Christa Marais van JD NEL BOERDERY.

Mens ry op teen n berg voor Nelspruit...omring deur citrus en avo's....en dis warm... Mense! Daai tipe warm wat jou omvou soos n Ma se liefde...so rondom jou.

Jaap sien n dam en toe Oom Abraham sê dat daar Bass in is was die volgende vraag van Japie : "Het oom n stok?" En toe sien ons hom nie weer nie... Behalwe vir foto's. In sy element. Net daar...

Na n welverdiende shower gaan rus die ander manne en ek en tannie Christa plons op haar bed neer, klaar natgesweet, reg onder so n Hemelse dak waaier. En dan voel jy engele om jou. Ek en sy chat n hond uit n bos totdat my ogies begin fladder. Daai 32 km het my getap.

Na n vinnige rus staan ons op en sak op haar voorstoep neer wat letterlik oor n vallei uitkyk... Sit sommer plat op die gras en kyk die verte in.

Oom Abraham vat ons gou bietjie deur die plaas. Boompies netjies in n ry met groen grassies om. En dan ry op ry op ry van dit. Netjies.
Versorg en gekoester.
En die wetenskap laat my stom...
En die bytjies werk mooi saam om alles klopdisselboom te laat geskied.  
n Goed ge-oliede masjien.

Ons braai en die geselligheid duur voort.

n Kersmaal word letterlik voorberei met baie liefde wat daarmee saamgaan. Baie, baie dankie. Julle liefde en gasvryheid sal ons altyd bybly.

Ons sien julle gou weer.

Dag 19 is oppad. En die einde is in sig.

Ondersteun Toekomsvonk en sodoende ondersteun ons mekaar... Want dis n organisasie VIR die mense DEUR die mense.

Ordinary people doing extraordinary things.

SMS "Veilig" na 49983 want saam is ons sterker!

Dag 19

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Whoop whoop!

Vandag is reën dag. Maar ons stap...

Ons begin net na 4h00 op die pad. Net so 8km in die dag in val daar sulke groot druppels genade op die venster...plons hard neer soos n vet tor wat die windscreen tref!

Ons stop vir n Shake Break. En dan...
Een Magnesium blits wat alles verhelder... Jou siel gooi skoon n skaduwee teen die rotse en dan voel dit of hy wil hardloop! En dan die harde slag met so n diep stem so tussen die Gorge deur. Toe ons op kyk sien ek net so n rokie trek bo-op die berg... Hy moes daar raakgeslaan het...

Die manne drink hulle shakes in die bakkie... Ons breakfast nook vir die oggendmaal.
Bees sê net so ewe droog... "Ek's banger vir donderweer as vir slange..."

Hendré spoeg amper sy shake soos hy lag en ons almal chuckle saam... Daar was soveel gewig in daai woorde.

Hendré kom tot Bees se redding en sê vir Bees om te bestuur sodat ek social media op datum kry. Ja, dis ook n werkie wat bietjie tyd in beslag neem...somtyds in geselskap..of terwyl jy cruise teen 5km/h.

Ons kry maatjies vandag... Ons sien uit!

Die einde is in sig...
Ons eindig sterker as wat ons begin het... En dis al wat tel.
Ons is verseker ryker in ons Gees.

Tough times don't last but tough people do!

Saam is ons Sterker...
n Voldwonge feit, deur en deur beproef deur al die jare.
Strength in numbers...strength in unity enndit doen ons spannetjie al goed.

Die pad is lekker nat en die weer is eintlik perfek vir die groot km's vir die dag... 49 van hulle. Dis die Here se genade... Want ek weet nie hoe sou ons dit kon doen met die tipiese hitte van hierdie omgewing nie. Dit sou bloed sweet gekos het.

Hendré se rug protesteer weer... Ek sien hy vat kort-kort daar op daai plekkie... Dis soos n duiwel wat sy vurk in jou in druk. Jy kan dit probeer ignoreer, sterkte daarmee...dis soos n doring in jou hak. Jy kan sagter trap maar sodra jy vergeet dan steek dit weer... Tot daar diep binne-in.

Ons vryf maar allerhande salfies en kap-kap op die spiere... En dit gee maar tydelike verligting. Hy vat dit soos n champ. Klaarmaak gaan hy klaarmaak. Dit het ek al gesien.

En ons het.
Malelane ons is hier. 19 dae later en die einde is in sig.

Ons boek in ons slaapplek in. Mooi en netjies... En n aircon! Naaste wat ons aan n aircon gekom het was in die begin van die Warrior Walk... Hy het net daar gestaan... Was nog nie opgekoppel nie...n belofte.
Amper maar nog nie stamper nie... 😂😂😂

Na ons met ons vriende n lekker koppie koffie geniet het, het ons n middag slapie gevat.... Deur die kwansyse wekker vir 17h30 geslaap en vanoggend 1:06am wakker geskrik... Wow.  Sonder om eers te eet... Jaap gaan seker dood honger wees vanoggend... 😂 Deurskynend.

Dis 2 ure voor die volgende dag begin. Dag 20.

Staan saam met Toekomsvonk en kom ons pak die Nuwe Jaar in met moed en durf.

SMS "Veilig" na 49983 🌸


 



Dag 20

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

Hoe laat is dit? Wonder ek toe ek my oë oopmaak... Dit is 01h06...urgh... Dit was sommer n uitpass middag slapie... Slordig!

Ek sê nog so vir myself... Nou gaan ek lekker slaap toe dit begin drip op die Houthuis se dak met sy aircon. Ha! 9 ure later. Mis aandete heel.

Japie het so 21h00 wakker geskrik... En vra toe op ons Papenfussies Tribe groep op WhatsApp : Het julle al geëet? Berdre (by die huis) antwoord... Ja dankie Oom.

Ek dog dis classic. 😂

So maak ek en Hendré maar klaar...
1 uur in die oggend... Lekker nat buite, ons shower is n entjie verder. Dis baie oulik hier. Netjies.

Ek kry gou tyd om gister se  Done and dusted te doen... 9 ure uit my slot vir die dag is n redelike chunk wat daar net kriekies te hore was... Uit soos n kers.  Toe ek wakker word toe sien ek n boodskap van my dogter ... Nog wakker.

Ons sluip soos boewe op die werf rond vanoggend...
In die donker. En verlaat dan so 04h00 die perseel...en hoop maar niks bly agter nie..
Bees het so n geneigdheid om n spoor te laat.
Momento's...

Ek belowe die manne... Dat as hulle vandag stap om klaar te stap... Vat ek hulle wildtuin toe... By die hekke vertel Hendré n grappie... (sien video).

Vandag is die amper laaste dag...
Dis bitter-soet.
Bitter omdat dit n absolute onvergeetlike ervaring was...
Soet... Want ek mis my Hartkloppe...Kat,Hond en kinders... 😂

Ohhhh noooo! Beloftes maak skuld....

Die manne was erg teleur gestel....
Geen Kruger vir hulle vandag nie...
Ons naam is nie op die lys nie (moet bespreek).
Ons het nie besef dat die Kruger so gewild is nie...
Ons gaan uitmis!

Dis soos die belofte van roomys na skool en dan is die roomys masjien stukkend...

It is what it is... 😂

Dan sny ons n lyn Marloth Park toe...
Ons lêplek vir vanaand.

En dis beautiful... Hier kan jy jouself verloor in die grondpadjie en jy kan jouself net sowel in die Kruger bevind...
In n sovereigne staat...
Die veilige kant met steeds al die mooi....
Soos n beloofde land....
En ek dink by myself... In my leeftyd...asseblief Here.

Ons het n beautiful land van Noord na Suid en van Wes na Oos! Truly blessed.

Ons braai vanaand n ietsie en sit bo in die treetops en tjoeps... Af is die krag!

Almal gryp selfone vir n lig! Die een is op 13%...tragic!

Jaap maak vinnig n plan... Daar is n rede dat sy kêppie so gedra word... Uiteindelik! 😂

Daar is verlangs n dreuning van n generator... En dis toe ons s'n! Net die aircon af sit...

Salig. Ons gaan maar inkruip. Môre is ons laaste dag. Ons mondig wording 😂

Ondersteun Toekomsvonk, voor die einde van die jaar 😂🤣😂

Groot dinge word beplan en jy kan deel wees daarvan.

SMS "Veilig" na 49983

Ek is nou liewer (as ooit) vir my land en liewer (as ooit) vir my mense!

Vir volk en Vaderland.

 

Dag 21

Vandag word die Warrior Walk mondig....
21 dae oud

Vandag stap ons tot by die Lebombo Grenspos... En ons kom van Botswana se Skilpadhek Grenspos af...
Te voet.
n Gehoorsaamheid opdrag.

Eenvoudig het dit begin met stap in n suidelike rigting...en toe oos.

Somtyds rewind ek terug in my gedagtes en dan fast forward ek weer... En ek dink hoe die pad soos n berg voor ons gelê het...moontlik gevaarlik ook. En ek onthou hoe ons by die huis gebid het vir beskerming en Engele om ons...en ek het die eind produk hier voor my.

Die pad het ons baie dinge geleer...
Van opdraendes en afdraendes, van geel lyne en dubbel bane, van samesyn, vriendskappe...krag in Eenheid.

Vandag... 2 dae later wat ek gestap het, besef ek waardeur die manne moes gegaan het.
Om dit een dag te stap is doenbaar.
Om môre op te staan en dit wèèr te doen en dan dag 3.
Dag 3 is die dag waar manne van muise geskei word.
Dag 3 is die mediese dag...want jy kort bietjie aandag. Q20 vir die skarniere.
Ek onthou nog hoe Hendré by die bakkie se venster ingelê het en geskerts het:
"Bel asb die dokter op Rustenburg en bestel solank n nuwe knie en hamstring!"

Ons stap in Geloof die N1 en N4 en uit gehoorsaamheid.

Ons het beautiful volksgenote langs die pad ontmoet...wat altyd n spesiale plekkie in ons harte sal hê.  Baie dankie aan elkeen wat die reis saam met ons gestap het, gedeel het in en moontlik gemaak het.

Ek stap met nuwe durf die Nuwe Jaar in.
Deur om te gee het ons ontvang.
Dis hoe God se wiskunde werk..
Waar Hy minus word daar eintlik geplus...
Jy word minder sodat Hy meer kan word.
Wanneer jy dink jy gee weg... Word daar eintlik vir jou toegevoeg.

Ons dankbaarheid is grensloos vanoggend...al het ons van grens tot grens te voet gestap.

Die laaste paar kilometers lê nou voor. Die einde is in sig...Lebombo! We are coming!

Kom vermenigvuldig saam met Toekomsvonk die jaar... Gooi jou saad in hierdie vrugbare grond...want dis deur ons mense vir ons mense.


Completing the Cross!

Toekomsvonk Warrior Walk 2018 Botswana 🇧🇼 tot Mozambique 🇲🇿

n Volmaakte dag.
n Volmaakte reis.
Onvergeetlik.

Dankie aan ieder en elk wat deelgeneem het, al was dit n bladskud, n toeter, n 100m saamstap, elke inskrywing op FB, al die goeie wense en donasies aan Toekomsvonk.

Ons dra swaar aan al die goeie herinneringe en loop die Nuwe Jaar met n ligter gemoed binne...
Dis God se wiskunde.

Spesiale dankie aan die Toekomsvonk span.
Helga, Amor, Englie en Wessel, Marius en Steve.
Dankie dat ons die tog saam met julle ondersteuning kon aanpak...
Ons kon die swaarkry met lekker-kry klaarkry.
Julle was die wind onder ons vlerke... Ons beste wense vergesel hierdie boodskap...
Tot hoër hoogtes in 2019!
Saam is ons beslis Sterker.
Proven.

Al ons borge...
Brandstof JJ KRUGER &
Water DIE WATERGAT
Energades FARMERS WORKSHOP
Meal replacements + Energy Bars BLACK RIBBON DRAWINGS
Noodhulp tas BOITELO GROUP
Sonbrand en insekspuitgoed DRAMATICA
Vleis THERON'S MEAT PRODUCTS

Dankbaarheid oorspoel ons.
Julle oop hand gaan nie ongesiens verby nie. Mag julle besondere seën ervaar. Dankie.

Bietjie later sien ons vir Susan de Bruyn wat haar seun tragies in n Plaasaanval verloor het...nou onlangs.

Ons het die Kruger wildtuin se hek gemaak.
Victorious
Ons is in... Ons vier die dag hier.

Wees die wind en waai onder Toekomsvonk se vlerke.

SMS "Veilig" na 49983 🌸




Baie dankie aan almal wat gestap het, wat gebid het, en wat gegee het! Dankie aan almal wat hulle harte en huise oopgemaak het!

Hieronder nog 'n paar foto's, sommer net vir die lekkerte!