NPC 2017/408421/08
Vir die Mense - Deur die mense



ToekomsVonk 2019


Dit is my voorreg om ‘n paar van ons projekte, wat ons vir 2019 beplan, solank aan julle bekend te stel. Ons beplan ‘n vol jaar en ons sal julle deurlopend op hoogte hou van alles. Hier is net ‘n paar projekte wat ek solank wil uitlig:

AktiVonk is ToekomsVonk se bewusmakings projek waar ons verskeie aktivistiese aktiwiteite deur die jaar loods. Hou asb ons blad dop, want soos die aanslae teen ons opduik sal ons aksies aankondig.
27 Februarie – Nasionale melktertdag
20 Mei – Kerkstaatbom gedenkdiens
10 Oktober – Heldedag
Dan beoog ons verskeie dorpsvergaderings en paneelbesprekings gedurende 2019. Hou ook ons blad dop vir ander aktivistiese aktiwiteite en optogte.
Kontak gerus vir Wessel by wessel@toekomsvonk.co.za as jy wil betrokke raak.

BoerVonk is ons grootste projek vir 2019 waar ons beplan om die eerste ToekomsVonk volksplaas te begin. Die volksplaas sal ontwikkel word in verskeie fases waarvan die eerste paar fases gedurende 2019 implimenteer sal word. Hou hierdie spasie dop!
Kontak gerus vir Helga by helga@toekomsvonk.co.za as jy hier wil betrokke raak.

GedenkVonk is die projek waar ons op ons kultuur en gesiedenis fokus.
21 Maart – Heldeakker skoonmaak askie
6 April – Van Riebeeckdag
31 Mei – Republiekdag
10 Oktober – Krugerdag
16 Desember – Geloftedag
As jy wil deel word van enige van die aksies kontak vir Englie by englie@toekomsvonk.co.za

NoodVonk is die projek waar ToekomsVonk ons eie mense help. Behalwe vir die maandelikse uitreike na die spekifieke kampe en ons “Borg ‘n kind projek” beplan ons ook die volgende:
16 Junie – Blikkiepakdag
9 Augustus – Sanni-nood fondsinsameling
21-25 September – Veldskool
1 – 25 Desember – Jubel in ‘n tas
As jy hier betrokke wil raak kontak vir Englie by englie@toekomsvonk.co.za

RegsVonk is ToekomsVonk se regs-been. RegsVonk sal fokus op sake waar daar blatant teen ons mense gediskrimineer word. Ons beoog hierdie jaar om PAIA/PAJA en Mandamus aansoeke teen Staatsdepartemente en semi-staatsdepartemente te bring.
As jy hier betrokke wil raak kontak vir Marius by marius@toekomsvonk.co.za

VeiligheidsVonk beoog om in 2019 ToekomsVonk se Dames- en Dogters opleiding uit te brei sowel as om te fokus op plaasbeveiliging. VeiligheidsVonk is ook ons projek wat maandeliks die plaasmoord en plaasaanvalle statesieke hou, verifieer en publiseer.
Kontak gerus vir Amor by amor@toekomsvonk.co.za as jy wil betrokke raak.

VonkHandel is ons besigheidsnetwerk vir volks-eie besighede waar besighede kan registreer en deel word van die databasis op ToekomsVonk se webblad. VonkHandel gaan hierdie jaar ook besigheids opleiding en ontwikkeling in wit nedersettings begin om ons mense te help om ekonomies sterker te word.
Kontak gerus vir Amor by amor@toekomsvonk.co.za as jy wil betrokke raak.

VonkJouTaal is ons #TrotsAfrikaans projek. In 2019 gaan ons uitbrei op ons Afrikaanse letterkunde kompetisies wat ons in 2018 begin het, die “Woensdag in Wit” veldtog uitbrei en die VonkBiblioteek vergroot. Ander aksies sluit in:
21 Februarie – Internasionale moedertaaldag
14 Augustus – Afrikaanse taaldag
Kontak gerus vir Amor by amor@toekomsvonk.co.za as jy wil betrokke raak.

VonkMedia is ons projek waar die waarheid verkondig word sonder sensasie, vrees of leuens.  
VonkMedia sal verskeie bene hê: VonkStudio – ‘n Opname studio, VonkKoerant – Intenet koerant. VonkDrukkers (om op langtermyn ons eie publikasiehuis op die been te bring), ToekomsVonk TOEP, ToekomsVonk YouTube kanaal.
Kontak gerus vir Amor by amor@toekomsvonk.co.za as jy wil betrokke raak.

Word deel van die organisasie “vir die mense, deur die mense” en help ToekomsVonk om ‘n verskil te maak.

SMS ‘VONK’ na 49983 (R1.50) of WhatsApp ‘VONK’ na 066 1045009

Groete,

Helga Swart

Besturede Direkteur: ToekomsVonk

helga@toekomsvonk.co.za












ToekomsVonk Warrior Walk 2018

ToekomsVonk se Warrior Walk 2018 plaasgevind van 10 - 30 Desember 2018. Ons warriors het 718km gestap vir die bewusmaking van plaasaanvalle en plaasmoorde.


Lees alles hier!


ToekomsVonk se bekendstelling het op 17 Oktober 2018 plaasgevind.

  • DSC07456
    DSC07456
  • DSC07451
    DSC07451
  • DSC07452
    DSC07452
  • DSC07457
    DSC07457
  • DSC07458
    DSC07458
  • DSC07454
    DSC07454
  • DSC07455
    DSC07455
  • DSC07459
    DSC07459
  • DSC07463
    DSC07463
  • DSC07462
    DSC07462
  • DSC07461
    DSC07461
  • DSC07460
    DSC07460
  • DSC07464
    DSC07464
  • DSC07465
    DSC07465
  • DSC07466
    DSC07466

 

 ToekomsVonk kuier saam met die AfD van Duitsland

Op 31 Augustus 2018 het ToekomsVonk se bestuurende direkteur Helga Swart, Direkteur Amor Gerber en nie-uitvoerende direkteur Steve Hofmeyr ‘n Duitse afvaardiging van die AfD (Alternative für Deutschland) ontmoet. Ons het ‘n heerlike gesprek gehad met Petr Bystron van die Duitse party. Wêreldwyd begin mense notisie neem van die onderdrukking van die witmense in Suid-Afika.

In Duitsland, net soos hier word konserwatiewe groepe uitgemaak as die vyand. Ons maak tans vriende oral oor wat in ons saak glo en die woord word wêreldwyd versprei.

Word deel van ‘n organisasie wat vir JOU wil werk.

 













Sluit sommer vandag nog aan en word deel van 'n Burgerregte organisasie wat vir JOU wil werk.

kliek hier om aan te sluit

 

ToekomsVonk is geregistreer op 13 September 2017 na aanleiding van ‘n behoefte wat geidentifiseer is om ‘n organisasie vir die mense, deur die mense, daar te stel wat ons Volk weer selfstandig kan maak op alle lewensterreine.

ToekomsVonk se visie is om ‘n gebroke Volk te herstel na ‘n selfstandige, onafhanklike en trotse Volk. (As Volk bedoel ons ALLE mense van Europese herkoms wat afstammelinge is van die oorspronklike Europese setlaars. Om deur dieselfde prosesse sodoende ook dieselfde beter omstandighede te bewerkstellig vir ander minderheidsgroepe, of diegene van die meerderheid wat ons doelwitte steun. Ons is en bly eerstens ‘n Christen Afrikaner groep.)

 Om ons Volk selfstandig te maak op alle lewensterreine. (Om ‘n katalis vir verandering te wees in Suid-Afrika deur minderheidsgroepe ‘n platform en ‘n stem te gee. Om korporatiewe en gemeenskapsorganisasies, sowel as die regering en media, bewus te maak van die hoeveelheid steun wat daar is vir ons doelwitte.)

ToekomsVonk is geregistreer as ‘n nie-winsgewende maatskappy met registrasie nommer 2017/408421/08.

Ons direkteure is tans:

Besturende Direkteur & Selfstandigheid en Volhoubaarheid – Helga Swart

Direkteur Regshulp & Vervolging – Marius Coertze

Direkteur Besigheidsontwikkeling en Aktivisme – Wessel Basson

Direkteur Maarskaplike, Sosiale & Kultuur ontwikkeling – Englie Botha

Direkteur Onderwys, Opleiding & Media – Amor Gerber

Nie- Uitvoerende Direkteur – Steve Hofmeyr

ToekomsVonk is ‘n organisasie wat die volgende waardes nastreef:

·        Christelike waardes

·        Familie en gesins waardes

·        Integriteit

·        Volkstrots

·        Morele standaarde

·        Respek





 

 


 VIDEO's